Anton Myburgh is veel meer as net ’n kunstenaar. Hy is ’n storieverteller, ’n regsgeleerde, en ’n man wat deur veerkragtigheid, geloof en musiek mense bly raak. Met treffers soos “Boer en sy roer”, “Spinnekop” en “Biker Angel” het hy nie net ’n plek in Afrikaanse musiekerfenis verdien nie, maar ook in die harte van sy luisteraars. Sy lewensreis – op en van die verhoog – getuig van vasberadenheid en die onbreekbare band tussen kunstenaar en gemeenskap.
Hy het nou onlangs in nuwe enklsnit bekendgestel met die naam Wat Verby Is, Is Verby wat beskikbaar is op alle digitale platforms!