Fanus Pienaar

Wie is Fanus Pienaar?

Fanus Pienaar is vandag alreeds ‘n groot musikant en liedjieskrywer in eie reg en sy dinamiese, energieke optredes en liedjies getuig daarvan. Sy warm en opregte persoonlikheid steel vining die luisteraars se harte regoor die land wat na sy optredes toe kom.  

Wat is beter as ‘n diep seun met ‘n kitaar en ‘n rasper stem. Fanus Pienaar is juis dit en baie meer met jare se ondervinding en diep spore in die musiekbedryf. Sy eerste solo album is in 2012 uitgeryk met die titelsnit Luister Na Jou Hart wat oornag ‘n groot sukses geword het met top posisies regoor die land se radio ranglyste. Die musiekvideo van Luister Na Jou Hart wat geborg is deur Christo Gerlach het ook baie goed gedoen op televisie en verskeie platvorms gedurende die tyd. Fanus het in sy begin jare in al die legendariese kuierplekke soos die ou Firkins Centurion, Eagles en ander plekke regoor pretoria opgetree.

Hy kry in 2012 ‘n rol in die film Fanie Fourie’s Lobola sowel as in die Britse televisie reeks Wild At Heart op DSTV se Universal Kanaal wat begin het as ‘n ekstra rol en later ontaard het in ‘n fisiese rol as ‘n by karakter. Fanus kry hier die kans om saam met plaaslike akteurs soos Richard Van Der Westhuizen en Thapelo Mokoena te werk maar ook saam met internasionale akteurs soos Stephen Tompkinson, Hayley Mills en Robert Bathurst. Sy passie vir die vermaaklikheids bedryf en veral musiek is aansteeklik en kom al van jongs af waar hy graag na verskeie kunstenaars geluister het en baie lief was vir musiek, afrikaanse films en TV programme.

Na ‘n paar jaar van stilte ryk hy weer in 2018 byde Rigting Na Jou Hart, wat geskryf is deur Werner Beukes en Vir My Land uit wat uit sy eie pen kom. Gedurende inperking in 2020 neem hy Myne Noem en As Ek Superman Was by Deon Van Der Merwe op wat geïnspireer is deur ‘n verhouding waardeur hy is in die tyd. Fanus het al van vroeg in sy loopbaan groot feeste en vertonings gedoen waarvan een definitief uitstaan toe hy in Desember 2020 die kans kry om saam met die room van die afrikaanse musiekbedryf kon optree in die Heartfelt Arena asgevolg van sy liedjie Vir My Land wat toe alreeds baie bekendheid verwerf het regoor die land.

Musiekvideos

Volg Fanus Pienaar