Gian Groen is ‘n sanger en liedjieskrywer wat in die 1970’s in Stellenbosch, Suid-Afrika gebore is en tans in Grabouw in die Wes-Kaap bly. Hy het prominent geword as die stigter van die Alternatiewe Afrikaanse rockgroep, Spinnekop. Gian Groen het homself as ‘n solo-kunstenaar gevestig met sy vrystellings van ”Met die maan gepla”, ”Welkom in Somersburg”, ”Lied van die engele” en ”Groen Kitaar.” As ‘n liedjieskrywer het Gian geskryf vir die grotes en sy liedjie ”Vier seisoene Kind” word gekrediteer as een van die mees gecoverde liedjies in Afrikaanse musiek. Sy jongste vrystelling ”Ballade van ‘n eensame troebadoer” praat oor sy isolasie as ‘n musikant tydens die wêreldwye pandemie en het twee opeenvolgende weke by nr. 1 op die RSG top 20-grafiek.