Morné is ‘n musikant van die Oos-Rand in Gauteng. Hy het op 15 begin kitaar speel en is ‘n aanbiddingsleier by sy kerk. In 2020 het hy bekendheid verwerf as deel van die groep Virander, wie se liedjie “Sing ‘n Hallelujah” een van Maroela Media se Top 40-liedjies was. Morné luister graag na ‘n verskeidenheid musiek en word beïnvloed deur Switchfoot, Brandon Lake, John Mayer en Cory Asbury. Hy wil oor persoonlike ervarings skryf en sing en positiewe, inspirerende musiek skep. Benewens die voortsetting van sy musiekloopbaan, werk hy as fotograaf en grafiese ontwerper.