Sarel Kleinhans

Wie is Sarel Kleinhans?

Sarel Kleinhans is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat onlangs sy eerste enkelsnit, “Blommetuin” gedebuteer het. Sarel het op agtjarige ouderdom sy eerste kitaar gekry en homself leer speel, maar het aanvanklik nie musiek as ’n loopbaan beskou nie. “Ek het besluit om regte te studeer omdat ek iemand wou wees wat ’n verskil in ander mense se lewens maak,” het hy gesê. Kort nadat hy sy studies voltooi het, het Sarel besef dis nie vir hom nie. “Ek het besef dat ek nie taai genoeg was om ’n prokureur te wees nie,” en hy het besluit om sy passie vir musiek voort te sit.

 

Musiek Videos

Volg Sarel Kleinhans