Stefan Jansen

Wie is Stefan Jansen?

Stefan Jansen is ‘n Suid-Afrikaanse musikant en akoestiese kitaarbouer. Dit was terwyl hy in die buiteland gereis en sy gunsteling plaaslike liedjies gespeel het, dat Stefan weer verlief geraak het op Suid-Afrika en Afrikaanse musiek. Om terug te kom met dit in gedagte, het Stefan, soos alle groot liedjieskrywers doen, sy eie ervarings omskep in kuns wat dadelik aanklank vind by die luisteraar. Na die vrystelling van sy eerste drie enkelsnitte “Verdienste & Genade”, “Suikerbos” en “As Ek Jou Onthou” het Stefan beide plaaslike en internasionale aanhangerondersteuning gekry asook radiospel en verskeie persgeleenthede. Stefan het die voorreg gehad om deel te wees van The Parlotones se twintigste bestaansjaar-toer in Europa in 2018 en het ook die verhoog gedeel met ‘n paar van die grotes in die bedryf naamlik Jan Blohm, Valiant Swart, Justin Serrao, Crash Car Burn, Anton Goosen en onlangs vir Spoegwolf by KKNK geopen. Sy debuut-EP getiteld “Katryn” is pas bekendgestel en het reeds verskeie media-aandag getrek. Hierdie pragtige album van vier snitte bevat van sy mees persoonlike en belangrikste werke.

Musiek Videos

Volg Stefan Jansen