Thys Nortjé is ’n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van die Vrystaat met ’n unieke folk-geïnspireerde klank en poëtiese lirieke. Hy het in 2023 sy debuut-EP Skryf vrygestel, wat groot sukses behaal het met die titelsnit wat op Shazam se Afrikaanse kaart verskyn het. Met liedjies soos Heuning, Claudia en Rustig (Soos ’n Storm) betower Thys gehore regoor Suid-Afrika. Sy musiek getuig van egtheid, eenvoud en emosie – en hy is besig om homself as ’n nuwe gunsteling in die Afrikaanse musiekbedryf te vestig.