TiNO

Wie is TiNO?

Die talentvolle kunstenaar Tino, afkomstig uit Zimbabwe en tans woonagtig in Stellenbosch, is gereed om sy nuwe liedjie “Tassies Pak” op 7 April op alle digitale musiekplatforms bekend te stel. Hierdie nuwe bekendstelling is die opvolg na sy baie suksesvolle debuut album “Sterrekind,” en enkelsnit “Afstand” wat nommer een op die RSG treffersparade behaal het. “Tassies Pak” is ‘n kragtige liefdes lied wat die diepte van menslike emosies en die onbekende faktore van die liefdeswêreld verken. Dit is ‘n unieke rock-pop komposisie met Tino se kenmerkende warm stem wat dit ‘n onvergeetlike ervaring maak. Die liedjie toon die ware krag van Tino se musiekstyl en sy vermoë om emosie en kreatiwiteit in sy musiek te integreer. Tino het sy deurbraak as musikant gemaak deur die wêreld te verower met sy tiktok videos. Hy is raakgesien deur die legendariese sanger & liedjieskrywer Jan Blohm, wat hom onder sy vlerk geneem het om sy loopbaan as musikant te begin. “Ek is opgewonde om my musiek met die wêreld te deel en kan nie wag om te sien hoe mense reageer op ‘Tassies Pak,” sê Tino. “Dit was ‘n eer om te sien hoe ‘Afstand’ so goed ontvang is, en ek hoop dat hierdie liedjie dieselfde sukses sal hê. Ek is dankbaar vir die ondersteuning van my aanhangers en hoop om hulle te verras met meer musiek in die toekoms.”

Musiek Videos

Volg TiNO