Die Groep wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman is al ‘n geruime tyd in alternatiewe sirkels bekend vir hul engelse projek waar hulle onder die naam The Stinging Rogers speel. The Stinging Rogers se enkelsnit, Borderline het ook uiters goed op radio gevaar en het selfs nommer een op Radio laeveld gehaal.
Vir hul Afrikaanse projek het Storm en Francois op die naam Vrede besluit. ‘’Ons sien baie mense het hierdie spesifieke idees oor hulle kuns. Hulle wil hierdie beeld uitstraal dat hulle oor niks omgee nie en dis koel, maar dit is nie wie ons is nie. Ons gee om veral oor wat ons deur ons lirieke daar buite sit en ons het nogal baie om te sê,’’ het Storm verduidelik